Evolusie, reïnkarnasie en ander wolhaar stories.
June 12, 2008 by knersisRosalind
Dankie Rooskind, ek hoor wat jy sê. Evolusie en die “ontwerper teorie” is inderdaad twee heeltemal verskillende dinge. Evolusie is die groot sussie van die Big Bang teorie wat sê; eers was daar niks, toe ‘n groot BOEM!!!! En voila, gee genoeg tyd en bietjie gravitasie krag en siedaar, jy het skoenlappers en seekoeie (en sterre en planete en sommer alles). Amper soos siemsalla-biem, kul jou hier kul jou daar en daar is alles. Geen ontwerper, geen Skepper. Alles het sommer vanself gebeur. Dit is wat die SLIM wetenskaplikes SO graag wil hê ons almal moet glo, al is daar ook wa-wiel groot gate in daardie teorie net waar jy kyk.
Aan die anderkant is ‘n nuwe idee wat al meer spoed optel. Dit is nou dat daar miskien tog intelligente ontwerp agter die ontstaan van alles is en dit is nou wat mooi in daardie video’s van Roer verduidelik word.
Waarin glo jy? siemsalla-biem of intelligente ontwerp? Persoonlik neig ek na die intelligente ontwerp kant toe. Ek het laas geglo aan siemsalla-biem toe ek in kleuterskool was.
Roer
Dis ‘n goeie een daardie van die professor wat wou weet “wie het dit gemaak?” Ek kan nie glo dat so baie hoog geleerdes so dom kan wees nie!
Hans Matthysen
Dankie vir jou gedagtes ou maat. Ek sou graag met jou wou redeneer (lob-stoei op die woordstoot) maar ons skree vir dieselfde span. Ek het maar net die vragie gevra om te kyk wat kom uit.
Gert Gariep
Dankie vir die mooi woorde. Dis omdat jy so eerlik en opreg skryf dat ons almal so lekker kuier daar by jou blog.





